Wat is depressie?
Depressie is veel meer as net ‘n gevoel. Dit is baie meer as om met tye die neerslagtigheid te ervaar wat deel uitmaak van die normale op en af van ons almal se lewens. In kort: depressie is ‘n siekte, en dis nie verniet dat dit al as die kanker van die siel beskryf is nie. Dis ‘n ernstige en lewensbedreigende siekte wat liggaam en siel raak. Dit beïnvloed die manier waarop jy eet en slaap, hoe jy oor jouself voel en die wyse waarop jy oor dinge en mense dink.
Dr. Henk Gous skryf in ‘n preek, na sy dogter se worsteling met depressie en selfmoord: “Depressie is iets wat jou lewensvreugde steel. Dit verwyder jou van mense dat jy ver voel van elkeen wat jy so nodig het. Dit maak jou magteloos oor jouself, want jy kry jouself nie reggeruk nie. Dit maak jou helpers magteloos, want hulle kan net van buite help en die vyand is van binne.”
Iemand se depressie dra dikwels ook by tot hoe hulle oor daardie persoon dink en voel.
Dis soos Bertha van der Walt skryf (Konteks, Jan/Feb 1998): “Ander voel verleë met jou situasie, nou bly hulle liewer weg van jou. Sommige het geen benul van die donkerte wat oor jou toegesak het nie en preek vir jou: Waar is jou geloof dan? Het jy nie sóveel om voor dankbaar te wees nie? By party kry jy totale onbegrip: Ruk jou reg, jong, kyk hoe skyn die son daarbuite…”
Dit is juis hier waar veral Christene wat met depressie worstel soveel innerlike stryd ervaar.
Dr. Gous beskryf dit so: “Jou gebed om anders te voel en die vreugde te beleef wat die Psalms so aan gelowiges beloof, dit word nie waar nie.”
Daarom dat dr. Gous sê dat sy dogter kwaad was vir God, want Hy het skynbaar nie sy beloftes gehou nie. Hy het belowe dat hy niemand bo hulle kragte sal versoek nie, maar is sy dan nie bokant haar kragte versoek nie?
Tog kan ons ook saam met dr. Gous hiervan oortuig wees: “God word, soos die Vader en Moeder wat Hy is, nie kwaad vir ‘n kind wat kwaad is nie. En Hy laat sy kind nooit uit sy hand glip nie.”
Selfs die Christen wat in die stikdonker nag van depressie voel asof hulle bo hulle kragte versoek word en na die dood gryp as die logiese en enigste uitweg, kan daarvan verseker wees dat God se liefde en vergiffenis vir sy kinders geen grense het nie:
Rom. 8:38 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
Dit alles in ag geneem, bly dr. Gous wat op sy dogter se verminkte liggaam afgekom het, se woorde egter pynlik in die gedagtes vassteek:
“Dit beteken nie dat die dood wonderlik is nie. Om so te sterwe is aaklig en geen heldedaad nie. Dis verwoestend. Dit was ondraaglik om te sien hoe iemand so ontsettend mooi so stukkend was. En daarom moet niemand wat hier sit, droom oor die dood nie, al is dit in jou eie depressie al amper aantreklik.”
Vir baie gelowiges wat hulp soek en ontvang in hulle stryd teen depressie, breek die dag tog aan wanneer hulle, in die woorde van Bertha van der Walt, met verwondering besef:
“Ek was nog altyd by U! Selfs in die donker bos was U teenwoordig. Ek kon U net nie sien nie. Ek was dom en sonder insig, soos ‘n redelose dier, maar tog was ek by U!”
Die pad na herstel het egter ook sy oomblikke van stikdonkerte.
Van der Walt: “Dis val en opstaan, twyfel en vertrou, wanhoop en hoop. Maar lei tog tree vir tree uit die bos uit, nié meer dieper in nie.”
Kan depressie behandel word?
Daar is basies twee vorme van kliniese (gediagnoseerde) depressie: unipolêr en bipolêr.
Daar is egter veral een rede waarom so baie mense onnodiglik met kliniese depressie worstel sonder om hulp te soek. Vir baie mense is die gedagte daaraan om te erken dat hulle depressief is, ondenkbaar. Sulke mense voel dat kliniese depressie ‘n teken is van ‘n swakheid van karakter, asof depressie iets is wat weggedink, weggebid of selfs weggewens moet word. Die waarheid is egter dat ‘n mens jouself eenvoudig nie uit hierdie depressie kan regruk met blote wilskrag om dan skielik beter te voel nie.
Wyle dr. Isak de Villiers skryf in Sarie Marais van 4 Junie 1986: “Depressie kan nie aan ‘n gebrek aan wilskrag gewyt word nie. Die sieke moet begryp word wat diegene rondom hom dikwels vergeet: dat niemand uit vrye wil in ‘n emosionele warboel wil leef nie, slapeloos wil wees, angs wil beleef of gedurig wil ervaar hoe haar energie daagliks met rasse skrede afneem nie.”
Hoe ontstaan depressie en hoe word dit behandel?
Kliniese depressie neem dikwels ‘n aanvang na een of meer stresvolle gebeurtenisse. Wanneer iemand egter reeds een depressiewe episode ervaar het, kan opeenvolgende depressiewe episodes dikwels spontaan voorkom sonder enige eksterne invloede. (Persone wat dus meer as een depressiewe episode ervaar, is statisties gesproke meer geneig om daaropvolgende episodes te ervaar.)
Maar waar en hoe ontstaan kliniese depressie egter spesifiek?
Dit kan onomwonde gesê word dat die aanvaarding en erkenning van die feit dat iemand dalk aan die siekte van depressie ly, die eerste noemenswaardige stap kan wees wat sal bydra tot die beheer wat so ‘n persoon op die lange duur oor sy of haar depressie sal hê.
Vraag: "Wat Sê Die Bybel Omtrent Depressie? Hoe Kan ‘N Christen Depressie Baasraak?"
Antwoord: Depressie is ‘n wydverspreide toestand wat miljoene mense affekteer, Christene sowel as ongelowiges. Die wat aan depressie ly ervaar intense gevoelens van droefheid, kwaadheid, hopeloosheid, afgematheid, en ‘n verskeidenheid ander simptome. Hulle mag begin om nutteloos te voel, selfmoord te oorweeg, gebrek aan belangstelling in dinge en mense waarvan hulle eens gehou het te verloor. Depressie word dikwels veroorsaak deur lewensomstandighede, soos om jou werk te verloor, die dood van ‘n geliefde, egskeiding, of sielkundige probleme soos mishandeling of ‘n lae selfbeeld.
Die Bybel vertel ons om gevul te wees met blydskap en lofprysing:
Fil 4:4-6 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Rom 15:10:11 En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk; en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.
God het duidelik bedoel dat ons almal vreugdevolle lewens moet lei. Dit is nie maklik vir iemand wat aan omstandigheidsdepressie ly nie, maar dit kan genees word deur God se gawe van gebed, Bybelstudie en toepassing, ondersteuningsgroepe, gemeenskap met gelowiges, belydenis, vergifnis, en berading. Ons moet ‘n bewustelike poging aanwend om nie in onsself verdiep te word nie, maar om na buite te leef. Gevoelens van depressie kan dikwels oorkom word wanneer die depressielyer die fokus vanaf die eie ek na Christus en ander mense draai.
Kliniese depressie is ‘n fisiese ongesteldheid wat deur ‘n dokter gediagnoseer moet word. Dit word nie noodwendig deur ongelukkige lewensomstandighede veroorsaak nie, ook kan die simptome nie deur die lyer self verlig word nie. In teenstelling met wat sommige Christene glo, word kliniese depressie nie altyd deur sonde veroorsaak nie. Depressie word soms veroorsaak deur ‘n fisiese ongesteldheid wat met medikasie en/of berading behandel moet word. Natuurlik is God daartoe in staat om enige siekte of ongesteldheid te genees. Maar, om in sommige gevalle ‘n dokter te konsulteer vir depressie, verskil glad nie daarvan as om ‘n dokter vir ‘n besering te konsulteer nie.
Daar is ‘n paar dinge wat depressielyers kan doen om hulle angstigheid te verlig. Hulle moet seker maak dat hulle die Woord bly lees, al voel hulle nie daarna nie. Emosies kan ons op die verkeerde pad lei, maar God se Woord is standvastig en onveranderlik. Ons moet ‘n sterk geloof in God handhaaf en selfs stywer aan Hom vashou wanneer ons beproef en versoek word. Die Bybel vertel ons dat God nooit versoekings in ons lewens sal toelaat wat ons nie kan hanteer nie.
1 Korinthiërs 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Maar God is getrou. Sal elke belofte nakom, en sal hulle daarom krag en bevryding gee in elke versoeking as hulle op Hom vertrou. Niemand wat Christus toegewyd volg, wat voortdurend bid vir krag en God vertrou, sal val nie.
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Mat 28:28 Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. DB
Alhoewel depressie nie ‘n sonde is nie, is jy steeds verantwoordelik vir jou reaksie daarop, en dit sluit in die verkryging van professionele hulp.
‘n Paar moontlike biologiese sowel as sielkundige faktore wat ‘n rol speel in depressie wat in enige kombinasie kan voorkom, word vervolgens kortliks genoem:
Wat is die mees algemene simptome van kliniese depressie?
Geestelik:
Fisies:
Emosioneel:
Aanhoudende huilbuie en onverklaarbare gevoelens van hartseer, pessimisme, sinloosheid en eensaamheid.
Sosiaal:
Ek wil met dr. Isak de Villiers saamstem waar hy die volgende geskryf het oor depressie:
“’n Goeie aanduiding van ‘n gesonde balans by behandeling is geloof in God, gebed, medikasie en uitpraat.”
Satan is `n mensemoordenaar en sy plan is om mense dood te maak, hy werk deur depressive om die mens na selfmoord te stuur sodat hy jou lewe sowel as jou ewige lewe te verwoes!
Jesus is jou antwoord Hy gee om en Sy sending aarde toe was juis om jou `n nuwe lewe te skenk.
Jes 61:1-4 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die HERE en ‘n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos; om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking. En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat woes was van geslag tot geslag.
Waar woon Jesus?
Jes 57:15 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.

- “Unipolêr” beteken daar is slegs een pool (die negatiewe pool) aan depressie.
- Bipolêre of maniese depressie beteken daar is twee pole aan depressie waartydens iemand uiters negatiewe gevoelens en dan weer baie positiewe gevoelens afwisselend ervaar.
Daar is egter veral een rede waarom so baie mense onnodiglik met kliniese depressie worstel sonder om hulp te soek. Vir baie mense is die gedagte daaraan om te erken dat hulle depressief is, ondenkbaar. Sulke mense voel dat kliniese depressie ‘n teken is van ‘n swakheid van karakter, asof depressie iets is wat weggedink, weggebid of selfs weggewens moet word. Die waarheid is egter dat ‘n mens jouself eenvoudig nie uit hierdie depressie kan regruk met blote wilskrag om dan skielik beter te voel nie.
Wyle dr. Isak de Villiers skryf in Sarie Marais van 4 Junie 1986: “Depressie kan nie aan ‘n gebrek aan wilskrag gewyt word nie. Die sieke moet begryp word wat diegene rondom hom dikwels vergeet: dat niemand uit vrye wil in ‘n emosionele warboel wil leef nie, slapeloos wil wees, angs wil beleef of gedurig wil ervaar hoe haar energie daagliks met rasse skrede afneem nie.”
Hoe ontstaan depressie en hoe word dit behandel?
Kliniese depressie neem dikwels ‘n aanvang na een of meer stresvolle gebeurtenisse. Wanneer iemand egter reeds een depressiewe episode ervaar het, kan opeenvolgende depressiewe episodes dikwels spontaan voorkom sonder enige eksterne invloede. (Persone wat dus meer as een depressiewe episode ervaar, is statisties gesproke meer geneig om daaropvolgende episodes te ervaar.)
Maar waar en hoe ontstaan kliniese depressie egter spesifiek?
- Is dit so dat ‘n bepaalde kognitiewe persepsies aanleiding kan gee tot sekere emosionele reaksies wat weer op hul beurt chemiese vlakke in die brein kan beïnvloed en dan as depressie manifesteer?
- Of is daar eerder ‘n genetiese geneigdheid tot lae serotonien vlakke wat bepaalde persepsies en emosies meebring wat as depressie beskryf kan word?
Dit kan onomwonde gesê word dat die aanvaarding en erkenning van die feit dat iemand dalk aan die siekte van depressie ly, die eerste noemenswaardige stap kan wees wat sal bydra tot die beheer wat so ‘n persoon op die lange duur oor sy of haar depressie sal hê.
Vraag: "Wat Sê Die Bybel Omtrent Depressie? Hoe Kan ‘N Christen Depressie Baasraak?"
Antwoord: Depressie is ‘n wydverspreide toestand wat miljoene mense affekteer, Christene sowel as ongelowiges. Die wat aan depressie ly ervaar intense gevoelens van droefheid, kwaadheid, hopeloosheid, afgematheid, en ‘n verskeidenheid ander simptome. Hulle mag begin om nutteloos te voel, selfmoord te oorweeg, gebrek aan belangstelling in dinge en mense waarvan hulle eens gehou het te verloor. Depressie word dikwels veroorsaak deur lewensomstandighede, soos om jou werk te verloor, die dood van ‘n geliefde, egskeiding, of sielkundige probleme soos mishandeling of ‘n lae selfbeeld.
Die Bybel vertel ons om gevul te wees met blydskap en lofprysing:
Fil 4:4-6 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Rom 15:10:11 En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met sy volk; en ook: Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.
God het duidelik bedoel dat ons almal vreugdevolle lewens moet lei. Dit is nie maklik vir iemand wat aan omstandigheidsdepressie ly nie, maar dit kan genees word deur God se gawe van gebed, Bybelstudie en toepassing, ondersteuningsgroepe, gemeenskap met gelowiges, belydenis, vergifnis, en berading. Ons moet ‘n bewustelike poging aanwend om nie in onsself verdiep te word nie, maar om na buite te leef. Gevoelens van depressie kan dikwels oorkom word wanneer die depressielyer die fokus vanaf die eie ek na Christus en ander mense draai.
Kliniese depressie is ‘n fisiese ongesteldheid wat deur ‘n dokter gediagnoseer moet word. Dit word nie noodwendig deur ongelukkige lewensomstandighede veroorsaak nie, ook kan die simptome nie deur die lyer self verlig word nie. In teenstelling met wat sommige Christene glo, word kliniese depressie nie altyd deur sonde veroorsaak nie. Depressie word soms veroorsaak deur ‘n fisiese ongesteldheid wat met medikasie en/of berading behandel moet word. Natuurlik is God daartoe in staat om enige siekte of ongesteldheid te genees. Maar, om in sommige gevalle ‘n dokter te konsulteer vir depressie, verskil glad nie daarvan as om ‘n dokter vir ‘n besering te konsulteer nie.
Daar is ‘n paar dinge wat depressielyers kan doen om hulle angstigheid te verlig. Hulle moet seker maak dat hulle die Woord bly lees, al voel hulle nie daarna nie. Emosies kan ons op die verkeerde pad lei, maar God se Woord is standvastig en onveranderlik. Ons moet ‘n sterk geloof in God handhaaf en selfs stywer aan Hom vashou wanneer ons beproef en versoek word. Die Bybel vertel ons dat God nooit versoekings in ons lewens sal toelaat wat ons nie kan hanteer nie.
1 Korinthiërs 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Maar God is getrou. Sal elke belofte nakom, en sal hulle daarom krag en bevryding gee in elke versoeking as hulle op Hom vertrou. Niemand wat Christus toegewyd volg, wat voortdurend bid vir krag en God vertrou, sal val nie.
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Mat 28:28 Daarom wil Ek julle uitnooi: Voel julle moeg vir hierdie lewe? Knak julle knieë onder al die probleme en verantwoordelikhede wat julle moet dra? Het julle godsdiens leeg geword sodat dit julle geestelike dors nie meer les nie? Kom dan na My toe! Ja, kom wy jou lewe aan My toe. By My sal jy weer die sin van die lewe ontdek. DB
Alhoewel depressie nie ‘n sonde is nie, is jy steeds verantwoordelik vir jou reaksie daarop, en dit sluit in die verkryging van professionele hulp.
‘n Paar moontlike biologiese sowel as sielkundige faktore wat ‘n rol speel in depressie wat in enige kombinasie kan voorkom, word vervolgens kortliks genoem:
- Biochemies: ‘n chemiese wanbalans in die brein.
- Fisiologiese faktore soos siektes (beroerte, Cushings se siekte, skildklier probleme), ander medikasie (hoë bloeddruk, geboortebeperking, steroïede/kortisoon), alkohol, dwelms en verdowingsmiddels.
- ‘n Bepaalde diet.
- Onvoldoende oefening (fisiese aktiwiteit stimuleer serotonien-produksie).
- Interne aggressie.
- Stres.
- Persoonlike verlies (veral in die kinderjare).
- Verhoudingsprobleme en emosionele mishandeling.
- Lae selfwaarde: negatiewe denke oor die self en die toekoms.
- Negatiewe interpretasie van ervarings wat gekoppel is aan vrees en angs, vrees vir mislukking of ‘commitment.’
Wat is die mees algemene simptome van kliniese depressie?
Geestelik:
- Gedagtes aan die dood of selfmoord.
- Onvermoë om besluite te neem.
- Gebrek aan konsentrasie en geheue.
- Verlies in belangstelling in meeste aktiwiteite asook daaglikse werk.
- Onvermoë om plesier te kry uit aktiwiteite waarin daar voorheen met ywer betrokke was.
Fisies:
- Gebrek aan seksuele belangstelling.
- Noemenswaardige gewigstoename of gewigsverlies.
- Te veel of te min slaap.
- Gereelde moegheid, afname in energie, geen motivering of entoesiasme nie
Uitermatige of toename in eet, alkohol-gebruik, rook of ander misbruik.
Emosioneel:
Aanhoudende huilbuie en onverklaarbare gevoelens van hartseer, pessimisme, sinloosheid en eensaamheid.
- Intense gevoelens van angs, hopeloosheid en hulpeloosheid: ‘n onvermoë om daaglikse verantwoordelikhede en die normale uitdagings van die lewe te hanteer.
- Voortdurende skuldgevoelens.
- Gevoelens van waardeloosheid en self-veragting.
- Onrustigheid, ongeduld, geïrriteerdheid
Sosiaal:
- Die vermyding van ander mense en die gevolglike agteruitgang van verhoudinge.
- Onverklaarbare vyandigheid.