Meditasie en Yoga
Wat is meditasie?
Ontdek bewustheid, 'n ou wysheid-gebaseerde dissipline wat lei tot diepgaande selfbewustheid en persoonlike ontwikkeling.
Tussen 600-500 vC is die ontwikkeling van ander meditasievorme in Taoïstiese China en Boeddhistiese Indië aangeteken, hoewel die presiese oorsprong van hierdie praktyke, veral Boeddhistiese meditasie, steeds onder historici gedebatteer word. Daar is geglo dat die formule tot die redding van moraliteit, kontemplatiewe konsentrasie, kennis en bevryding meditasie as 'n sentrale komponent behels.
Die mense wat mediteer sit teen `n muur, en ontspan terwyl hulle hul gedagtes volg, Hulle stel hulself oop en ontvangklik vir bose geeste om in hulle te kom. Hoewel selfs medise dokters dit vandag gebruik om mense van vrees en angs te help is dit gevaarlik!
Meditasie maak jou oop vir enige mag wat in jou nabyheid is. Mense wat stil raak en God en Sy woord bepeins is nie oop vir bose invloede nie want hulle laat hulle lei deur die wat geskryf is. Wees net versigtig om nie toe te laat dat jy jou eie gedagtes bou op dit wat nie in die Woord geskryf is nie!
Geestelike meditasie in om jou oop te stel om deur God se Woord gevul te word.
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Die Hebreeuse woord vir meditasie is: Han-gan wat beteken om te ” imagine” Dit is om jou in God se Woord te laat inleef.
Die Griek se woord beteken ook “imagine” asook om die woord van God deur jou gedagtes beweeg “revolve”
Daarom is dit gevaarlik as jy toelaat om buite God se Woord te mediteer, want dan kan jy deur baie dinge beinvloed word. Kry jou fokus op God en Sy Woord; daarin is lewe en vrede; moenie jou oopstel vir bose geeste en die dood nie!
Jos 1:8-9 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Psa 1:1-2 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag.
Psa 19:15 Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
Psa 104:34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!
Psa 119:97 Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag.
Psa 63:7 as ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.
Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Meditasie is 'n Oosterse metode van ontspanning, afsluiting van die materiële wêreld en oopstelling vir die kosmiese dimensie.
'Christelike' meditasie is 'n wolf in skaapsklere wat deur alle welmenende Christene weggewys moet word. Ons moet die woord van die Here dag en nag oordink. Om dit te kan verstaan, het die Here vir ons verligte oë van die verstand gegee, en ook sy Heilige Gees om ons in die hele waarheid te lei. Ons het geen opdrag om ons logiese verstand af te skakel en op 'n bykans rituele wyse na die dieptes van die regterbrein af te daal nie. Dave Hunt (1988:275) waarsku dat openbaringe wat 'n mens tydens meditasie en die belewing van 'n veranderde bewussynstoestand kry, aan geen kontrole onderworpe is nie omdat jy van die basis vir objektiewe evaluering afgesny is.
Die oorsprong van Yoga
Die woord "yoga" kom van die Sanskrit-woord, yuj, of juk. Joga beteken "om te skakel", "koppel" of "aan te sluit by."
Yoga is 'n stel fisiese en geestelike oefeninge, oorspronklik van Indië, wat bedoel is om beheer oor die liggaam en gees te gee.
Hoewel yoga uit Hinduisme ontstaan het, en kultureel gekoppel is daaraan is dit nie opsigself 'n geloof nie. Yoga is eerder 'n geloof in die helende magte (wat nie van God is nie) van 'n gesonde liggaam, en die oortuiging dat 'n gesonde liggaam ook 'n gesonde gees sal huisves. Die liggaam word ontwikkel as tempel vir 'n hoër bewussyn, of geesteslewe. (wat Tempel van die Heilige Gees uitskakel) Volgens yoga is innerlike vrede en vrywaring van siekte dit is die beste beginpunt om die basiese potenasiaal van die gees te ontwikkel en benut (Dit plaas die skepsel bo die Skepper en is `n nuwe era begrip), 'n belangrike aanknopingspunt toeganklik vir enige religie. Sodoende kan die mens tot sy reg kom, en sy plek in die wêreld inneem, (let wel in die wêreld inneem en sonder God; wat Satan probeer het) met die nodige welstand en vastigheid nodig op die lewensreis. Hierdie reis is een van selfondekking, en nie een van ondeurdagte navolging van van voorskrifte nie (God se gebooie) - selfverwesenliking impliseer self-disipliene vir self-bemagtiging aan die hand van die gees.
Yoga is afgelei van die Sanskrit woord YUG, wat beteken `n juk; wat in die vorm van `n dwarslat is, wat op diere se nekke geplaas word, sodat hulle saam kan werk; die term beteken dus figuurlik toegepas op mense wat aan mekaar verbind is of om hulle te verenig. In Hindoeïsme, soos in baie godsdienste, is eenheid met god of die absolute. Joga is die stelsel wat Hindoes ontwikkel het om daardie eenheid te laat plaasvind. So vorm Joga ook `n eenheid tussen mens en die Hindu geloof.
Die historiese doel agter joga is dus eenheid te bereik, met die Hindoe konsep van God. Dit is die doel agter feitlik al die Oos-spesies van Yoga, insluitend dié wat ons teëkom in die Weste. Dit beteken nie dat dit is die doel van elke joga praktisynnie, baie mense gebruik nie yoga vir geestelike doelseinde nie, maar vir gesondheid en ontspanning.
Christene moet Yoga verwerp. Jy moet die term "Yoga," verwerp omdat dit onmoontlik is om dit te skei van sy historiese en geestelike konteks. Deur yoga maak jy die deur oop in jou gees vir Hindo afgode.
Moet nie probeer om jou gedagtes te ontken nie, maar eerder hernu jou gedagtes met die Woord van God. Moet nie probeer om jouself leeg te maak nie, maar eerder word gevul met die Heilige Gees. Moet nie probeer om een met die heelal te word nie, maar eerder met God versoen deur Jesus Christus.
Transendentale Meditasie (TM) is 'n Oosterse tegniek om kontak met 'n mistiese wêreld te maak. Dit is nie alleen as 'n stres-verligtende terapie baie gewild nie, maar bied ook aan sy beoefenaars 'n godsdiensbelewenis waarin Hindoe-gode 'n groot rol speel. Een van die belangrikste eksponente van TM in die Weste is die Maharishi Mahesh Jogi. Daar is egter ook talle ander Oosterse meditasietegnieke wat almal 'n alternatiewe bewussynstoestand tot gevolg het, en dus wesenlik misties van aard is.
Mantras.
'n Mantra is 'n motiverende gesang, soos die "Ek dink ek kan, ek dink ek kan" wat jy oor en oor vir jouself herhaal op die laaste stuk van elke marathon wat jy hardloop.
'n Mantra is gewoonlik enige herhaalde woord of frase, maar dit kan ook meer spesifiek verwys na 'n woord wat in meditasie herhaal word. Mantra kom van 'n Sanskrit-woord wat 'n "heilige boodskap of teks, sjarme, toorspel, raad" beteken. Die Indiese geestelike leier Sri Sathya Baba het gesê: "'n Suiwer gedagte uit 'n rein hart is beter as 'n mantra." Betekenis, 'n mantra is wonderlik en al, maar eintlik beteken suiwer bedoelings en opregte vriendelikheid meer.
Gedurende meditasie-tye, gewoonlik twee sessies van 15 tot 20 minute in 'n sittende posisie met toe oë, word van 'n mantra gebruik gemaak om 'n veranderde bewussynstoestand te verkry. 'n Mantra is 'n gebed of spreuk wat uit 'n paar woorde, of selfs net 'n enkele woord, bestaan wat oor en oor herhaal word. Die effek hiervan is aandagsvernouing ter wille van bewussynsverdieping. Jy dink aan niks anders nie en hou aan om die mantra te herhaal totdat jy 'n mistiese ervaring het.
Een van die polulêre TM mantras is AUM. Die Hindoes beskou dit as die heiligste klank, omdat elkeen van die letters na een van die trilogie van Hindoe-oppergode verwys, nl. Brahman, Vishnu en Shiva. In die Hindoe hiërargie van gode is daar vier ordes. Die eerste orde is die oppergode wat reeds genoem is. Die tweede orde bestaan uit 'n panteon van gode wat almal inkarnasies van die oppergode is. Die derde orde bestaan uit menslike heiliges (avatars) wat deur hulle geestelike ontwikkeling tot op die vlak van gode gevorder het. Die vierde orde weerspieël die panteïstiese konsep dat god in alles teenwoordig is, en dat enige persoon, verskynsel, naam of voorwerp 'n "god" in eie reg kan wees. Mantras is dikwels uit hierdie kategorie van gode afkomstig, waarvan daar potensieel duisende is. Wanneer 'n betrokke god se naam as mantra gebruik word, word hy opgeroep en kom sy krag in beweging.
Wanneer jy yoga toepas buig jy voor afgode en nooi jy hulle in jou lewe!
Exo 20:3-5 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Exo 23:24-25 Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle klippilare kort en klein slaan. En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
2Kon 17:33-35 Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is. Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het. Tog het die HERE met hulle ‘n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.
Hoe kom ek uit hierdie mag van Satan en bose magte?
1Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Heb 2:14-15 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.