Spiritualisme
Spiritualisme leer dat die geeste van die oorledene kan die verbinding met mense deur middel van die media te maak. Media praat, skryf, teken, genesing, ens.
As afgestorwe geliefdes ons nie kan kontak nie, hoe kry mediums, spiritiste, en fortuinvertellers sulke akkurate inligting? Baie spiritiste was al as bedrieërs ontmasker. Dit is bewys dat spiritiste ‘n groot aantal inligting omtrent ‘n persoon op doodgewone wyse kan bekom. Deur partykeer net ‘n telefoonnommer en internetsoektog te gebruik, kan ‘n spiritis name, adresse, geboortedatums, troudatums, familielede, ens. opspoor. Maar dit is soms onverklaarbaar dat spiritiste dinge weet wat hulle nie veronderstel is om te weet nie. Waar kry hulle hierdie inligting? Die antwoord is vanaf Satan en sy demone.
Kan afgestorwenes met ons praat?
Daar is mense, soos die Spiritiste, wat leer dat die geeste van afgestorwenes deur middel van 'n medium met ons kan praat. Dieselfde gedagte is vervat in die leer van voorvadergeeste wat deur sekere stamdokters met die volk of met 'n bepaalde familie praat. Mense hoor dan ook by die donker "seances" die, soos hulle dink, werklike stemme van hulle gestorwe dierbares. Is dit waar? Kan die afgestorwenes met ons praat? Die antwoord van die Bybel is NEE! hulle kan nie.
Kenners wys daarop dat die duiwel en sy magte in staat is om stemme van dooies na te maak en dat die sogenaamde dooies wat met die lewendes praat niks anders is nie as voorstellings van Satan. Daarom verbied die Bybel ons ten strengste om met dooies in aanraking te probeer kom.
Deu 18:10 -13 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die HERE jou God.
Jes 8:19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
Die duiwel kan hom selfs voorstel as 'n "engel van die lig" en so probeer om Christene te verlei
2Korinthiers 11:14-15 “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
Nee, die Bybel leer dat die geeste van afgestorwenes onmiddellik na die dood van die liggaam na die doderyk gaan en daar sal bly tot die dag van die opstanding van die dooies. Hulle kan nie uit die doderyk na ons toe kom nie
Luk 16:19-31 En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Die geval van die heks van Endor wat Samuel se gees sou opgeroep het:
Wanneer `n mens sterf gaan jy na een van die twee plekke; die paradys of die doderyk. Samuel se lewe was toegewy aan God, daarom glo ek hy was in die paradys. Die gees wat die Heks opgeroep het was `n demoon en nie Samuel nie. Daarom het die demoon gesê dat Saul en sy seuns wat God nie gehoorsaam het nie, saam met hom in die doderyk sal beland. Hekse werk saam met satan en het nie die vermoë om mense uit die paradys te roep nie, hulle het wel die vermoë om demone op te roep
1Sam 28:19 En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee.
Dwaal die geeste van dooies rond?
Nee! Die Bybel leer baie duidelik dat as iemand gesterf het dit onmoontlik is dat sy gees, of siel, of wat 'n mens dit ook al noem, wat die doderyk ingegaan het, op aarde kan kom ronddwaal.
Job 7:9-10 sê: Soos 'n wolk weggaan en verdwyn, so gaan 'n mens dood en kom nie terug nie, hy kom nooit terug na sy huis toe nie.
Dawid sê van sy kindjie wat gesterf het:
2 Samuel 12:22-23 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet—die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly. Maar nou is hy dood—waarom sou ek dan vas? Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
Ons moet dus die antwoord op die vraag oor die verskyning van "spoke" elders soek. Dit is die werk van demoniese magte, van die duiwel. Hy en sy bose geeste kan in allerhande vorms verskyn, ook in die vorm van 'n ontslapene wat ons geken het. Satan kan hom selfs verander in 'n gedaante van "'n engel van die lig" om ook Christene te verlei. Ons moet hom nie onderskat nie. Ons moet ook nie probeer om ooit met 'n dooie in aanraking te kom nie. Dis streng deur God verbied.
As 'n mens sterwe, gaan die liggaam na die graf en die "werklike mens" die siel van die wedergebore mens na die paradys, en die mense wat God nie dien nie na die doderyk. Christene wat waarlik kinders van die Here is, gaan na waar Jesus is, terwyl ongelowiges in die doderyk is. Maar hulle kan nooit weer hier as dwalende geeste gesien word nie.
Die dode in die doderyk sal opgewek word:
Openb 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Die mense wat Jesus aangeneem het.
1Kor 15:51-54 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
Jes 66:22-24 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE. En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
Dan 12:2-3 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Skrif verbied waarsêery en roeping geeste

Lev 19:31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
2Korinthiers 11:14-15 “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke
Handelinge 16:16-18 vertel van ‘n fortuinvertelster wat die toekoms kon voorspel totdat Paulus die demoon uit haar verwilder het.
Hand 16:16-18 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.
Satan gee voor om welwillend en behulpsaam te wees. Hy probeer om as iets goeds voor te kom. Satan en sy demone sal spiritistiese inligting omtrent ‘n persoon verskaf net om hom in die web van spiritisme vas te vang, iets wat God verbied. Dit blyk onskuldig aan die begin te wees, maar spoedig kan mense hulleself verslaaf vind aan spiritisme en onwetend vir Satan toelaat om hulle lewens te beheer en te verwoes. Petrus het gesê,
1Petrus 5:8 “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind”
In sommige gevalle is die spiritiste self mislei, en weet hulle nie wie die bron van die inligting is wat hulle ontvang nie. Hoe dit ook al sy, en waarvandaan die bron van inligting ook al kom, niks wat met spiritisme, heksery, of astrologie verband hou, is ‘n godvrugtige manier om inligting te vind nie. Hoe wil God hê dat ons Sy wil vir ons lewens moet onderskei? God se plan is eenvoudig, maar kragtig en effektief: bestudeer die Bybel
2Tim3:16-17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Jas 1:5-7 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—
Hoe kom ek uit hierdie mag van Satan?
1Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Heb 2:14-15 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.
Indien jy met die oproep van geeste eksperimeteer het of betrokke was soos glasie-glasie, moet jy dit voor God bely en daarmee breek! Neem Jesus aan as jou Verlosser; pleit die bloed van Jesus oor jou en indien jy nie regkom. Gaan vra hulp by 'n geestelike persoon wat gevul is met die Heilige Gees om vir jou te bid en die bose uit jou te dryf.
Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.