Hipnose
Wat is hipnose?
'n beswymingstoestand wat soos slaap lyk, maar veroorsaak word deur 'n persoon wie se voorstelle geredelik deur die proefpersoon aanvaar word.
Die vrug van die Gees is selfbeheersing. Soos ons die Gees se leiding volg, sal Hy ons die krag gee om ons ‘eie self” beter te beheer. Hipnose behels die oordrag van beheer weg van onsself na 'n ander persoon.
Spr 22:5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.
Ons moet onsself – liggaam, siel en gees – aan God oorgee. Romeine 6:12-13 gee vir ons die formule om sonde te oorwin:
Rom 6:12-14 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Dit gaan oor beheer – as Christene kan ons toelaat dat sonde ons beheer nie en ons kan ook nie toelaat dat ander ons beheer nie!
Rom 6:16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
Jak 4:5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
Die skriftuurlike formule laat geen ruimte vir hipnose (om onsself aan 'n medemens oor te gee nie).
Hipnose lei tot 'n veranderde bewussynstoestand waarin die gees baie vatbaar is vir invloed van buite. Daardie vatbaarheid is wat die hipnotiseur nodig het om die gedrag van sy onderwerp te verander. Die woord vatbaar behoort ons egter te bekommer. Die Skrif sê om waaksaam wees.
1Pet 5:8-9 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
Die hipnotiseur is nie die enigste een wat ons gedrag wil wysig nie; Satan wil ook 'n mate van verandering aanbring, en ons moet versigtig wees om hom enige geleentheid te gee om sy voorstelle te maak.
Hipnotisme word dikwels bevorder as 'n eenvoudige manier om onsself te "herfokus" en die antwoord binne ons te vind. As gelowiges in Christus is ons fokus om op ons Verlosser te wees, nie op onsself of enigiets anders nie.
Jes 45:21-22 Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: ‘n regverdige en reddende God is daar buiten My nie. Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.
Ons weet dat die antwoorde nie in ons lê nie.
Rom 5:1-2 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
Baie van die tegnieke wat in hipnose gebruik word, word gedeel deur mistieke, filosofiese en gelowige sisteme, insluitend die okkulte. Die "vader van hipnotisme", Franz Anton Mesmer - was self 'n beoefenaar van die okkulte. Sy metode om 'n beswyming te veroorsaak was baie soortgelyk aan die manier waarop 'n medium kontak met bose geestemaak. Hipnotisme, saam met joga en Transendentale Meditasie, was nog altyd gekoppel aan geestelike duisternis. Die nuutgevonde eerbaarheid van hierdie praktyke het nie hul onderliggende aard verander nie.
Gevare van en verdediging teen hipnose.
Die eerste ooglopende gevaar is onverskillige of gevaarlike hipnotiese suggesties. Hipnose is 'n vorm van breinspoeling, en kan met soortgelyke effek gebruik word. Onbehoorlik of kwaadwillig gedoen, kan dit herinneringe en oortuigings op 'n skadelike manier verander.
Daar is al sprake onder Christene dat hipnose die verstand kan oopmaak vir demoniese invloed. Ons weet nie presies hoe dit werk nie, maar dit is moontlik. Wanneer 'n persoon se kritiese denke en besluitnemingsvaardighede afgeskakel word en hul interne verbeelding opgejaag word, is hulle meer vatbaar vir leuens en skadelike invloede.
Dit blyk 'n ryp tyd te wees vir 'n demoniese aanval. Trouens, 1 Petrus 5:8 waarsku om waaksaam te wees, en om nie toe te laat dat die bose van ons besit neem nie. En hipnose word lankal geassosieer met diegene in die okkulte wat bose geeste wil bereik. Dit kan selfs verbasend gedetailleerde “herinneringe” verklaar wat mense normaalweg nie sou hê nie.
Hand 16:16-18 En terwyl ons op pad was na die bidplek, kom ‘n slavin met ‘n waarsêende gees ons teë, wat vir haar eienaars deur waarsêery groot wins ingebring het. Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing. En dit het sy baie dae lank gedoen; maar baie ontevrede daaroor, het Paulus hom omgedraai en vir die gees gesê: Ek beveel jou in die Naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan. En hy het op dieselfde oomblik uitgegaan.
Moenie die deur van jou hart oopmaak vir ander om beheer van jou lewe oor te neem nie!
Spreuke 4:23 "Bewaak bo alles oor jou hart, want alles wat jy doen vloei daaruit voort."
Selfs al werk die hipnotiseur tot ons voordeel, is die risiko van gevaar groot.
Gal 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
Rom 6:13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Ten spyte van die suksesverhale, ten spyte van hoeveel ons die hipnotiseur kan vertrou, sê die Bybel vir ons om weg te bly van enigiemand wat probeer om ons gedagtes te beheer. Onthou jou gedagtes beheer jou!
Hipnose is niks nuut nie. Dit word reeds vir duisende jare deur toordokters, hekse, geestelike mediums, Hindoes en Boeddhiste gebruik. Die toenemende gewildheid van die sielkunde en hipnose in die sekulêre wêreld het baie Christene beïnvloed om hipnose as ‘n behandelingsmetode te aanvaar. Beide ongelowige én gelowige dokters, tandartse, psigiaters en sielkundiges bemark die gebruik van hipnose.
Hipnose het begin as deel van die okkulte en die valse godsdienste. Die Bybel waarsku duidelik teen valse godsdienste (alle valse godsienste is leuens en vereer die vader van die leuen). God het nog altyd voorgeskryf dat sy kinders in nood Hom moet raadpleeg, en nie die mediums, waarsêers, towenaars, en besweerders nie. Sien die (Okkultiese magte)
I
n hipnose word geloof in die hipnotiseur en sy tegniek gestel, in plaas van God en sy Woord.
‘n Vloek rus op diegene wat hul vertroue op mense, in plaas van God stel. Die vers in die middle van die Bybel:
Psa 118:8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
Jer 17:5 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
Klink dit té erg om waar te wees? Lees Jeremia 17 en moet u nie laat bluf nie – geen enkele aspek van hipnose bevorder jou geloof en vertroue in God nie. Daar is geen aspek van hipnose wat God verheerlik nie – hipnose en die nuwe god genaamd “my onderbewuste” of “dieper self” ontvang al die eer.
Opsomming: Hipnose word as 'n skadelose sielkundige tegniek voorgehou, maar daar is verskeie gevare aan die beoefening hiervan verbonde.
Hipnose vorm deel van ‘n moderne beweging buite en binne die kerk wat die idee van “innerlike genesing” of “selfgenesing” voorstaan. Die idee van innerlike genesing of geestelike genesing, soos deur hulle voorgehou, is nie Bybelse begrippe nie, maar het hul onstaan deur antichristelike wysgere soos Sigmund Freud, Carl Jung en Agnes Sanford gehad. Deur die eietydse invloed van “Christen” sielkundiges soos John en Paula Sandford, Norman Vincent Peale en David Seamands het hierdie idees selfs die kerk binnegedring. Twee van David Seamands se boeke, Healing for Damaged Emotions en Healing of Memories, word valslik as “die bybels van geestelike genesing” voorgehou.
In alliansie met die humanistiese sielkunde, is hierdie beweging besig om ‘n geweldige tol onder Christene te eis, deurdat hierdie teorieë, onder kamoeflering van Christelike terminologie, gelowiges se vertroue verplaas vanaf God na hulself en die tegnieke van innerlike genesing. Die metodes wat deur die beweging voorgeskryf word, wissel vanaf visualisering tot joga, hipnose en selfhipnose.
God spreek tot mense deur die bewuste, rasionele verstand. Hy het aan die mens die vermoë gegee om wilsbesluite te neem, sodat hulle Hom uit vrye wil kan dien. Hipnose, aan die ander kant, werk op die basis van verbeelding, illusies, hallusinasies en bedrog. God waarsku sy dissipels dat ‘n bietjie misleiding sal groei tot baie misleiding daarom kan ‘n persoon wat sy gees vir misleiding deur middel van hipnose oopstel, ook vir ander vorms van geestelike misleiding kwesbaar raak.
In Spreuke 25 vers 28.” ‘n Afgebreekte stad sonder muur, so is ‘n man wat sy gees nie kan inhou nie.”
Die Engels stel dit eintlik beter in die Amplified.
“He who has no rule over his own spirit is like a city that is broken down and without walls.”
Die gedeelte verklaar dat indien ek nie beheer oor my eie gees het nie, ek myself oopstel vir die vyand om te plunder soos wat hy wil. Dit is presies wat gebeur tydens hipnose. Ek laat ‘n ander persoon toe om beheer oor my denke en verstand te kry en sodoende kan die persoon net doen wat hy/sy wil.
In 1 Petrus 5:8” Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.”
Die gedeelte lig ons nie net in oor wat gebeur as ons in dronkenskap verval nie, maar stel dit gelyk daaraan om jou waaksaamheid te laat vaar. Wanneer ‘n persoon vir hipnose gaan, verloor jy definitief jou waaksaamheid, aangesien jy nie beheer het oor wat met jou gebeur nie. Dit is wat Petrus hier oor waarsku. Ek moet onder geen omstandighede toelaat dat ek my waaksaamheid verloor nie, want dit is dan dat die vyand kan inkom, sonder dat ek daarvan bewus is.
Ter afsluiting: Hipnose was nog altyd deel van die okkulte; dit is nie ‘n wetenskap nie; dit het baie bekende skadelike gevolge; dit is misleiding wat die deur vir meer misleiding kan oopmaak; dit ontken God se genesingswerk, en dit lei die mens se vertroue weg van God af. Daarom sal die wyse gelowige hipnose geheel en al vermy, selfs al word dit ook vir “mediese” doeleindes voorgeskryf. Die “engel van die lig” se metodes is nie minder gevaarlik as dit as “Christelik”, “medies” of “sielkundig” bemark word nie.
2Kor 11:13-15 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.