Okkulte
Die woord “Okkulte” beteken:
- Versteek; Bedek
- Geheim; esoteries (verstaan deur die uitgesoektes wat spesiale kennis of belangstel)
- Buite menslike begrip; Geheimsinnig
- Aanwys of van sekere kuns, studies of praktyke, as magie, alchemie of astrologie, wat geheimsinnige kragte behels wat sommige mense glo die manier waarop dinge gebeur kan beïnvloed.
Okkultiese magte is ‘n verdere werkswyse van Satan is deur; bonatuurlike magte. Satan werk in die duisternis en is `n leuenaar; in hom ie daar geen waarheid nie. Hy koppel dit steeds nie regstreeks aan sy naam nie, sodat mense makliker mislei kan word om daarby betrokke te raak. Deur aktiwiteite soos towery, spiritisme, astrologie, meditasie, fortuinvertellery, psigiese kragte, astrale projeksie, selfgenesing, suggestopedie, buitesintuiglike waarneming en parapsigologie word Satan se misleidingskrag bemark, en mense eksperimenteer goedsmoeds daarmee.
Wat is die gevaar van Okkulte?
Om in die okkulte, op watter manier ookal, betrokke te raak, is uiters gevaarlik en word ten sterkste deur die Skrif verbied. Dit is beslis nie net ’n bietjie skadelose pret nie, maar skakeling met ons sielevyand en die gevolg kan katastrofies wees.
Dit is wat God se Woord sê:
Deut 18:9 -14 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie. Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan--wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit. Opreg moet jy wees met die HERE jou God. Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.
Die dode kan die opstaan uit die dode nie.
Luk 16:25-26 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.
Die geeste wat opgeroep word is demone wat voorgee dat hulle die mense is wat opgeroep word.
Saul het na die ‘n dodebesweerster, in Endor. Gegaan om Samuel uit die dode op te roep.
1Sa 28:15-19 En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen. En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het? Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee. Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen. En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee.
Die demoon, het verskyn, wat Samuel verpersoonlik. En vra waarom verontrus jy my deur my te laat opkom. Dit was 'n bose gees was wat Samuel verpersoonlik het; want (soos biskop Patrick opmerk) is dit nie in die mag van hekse om die rus van goeie mense te steur en om hulle terug te bring na die wêreld wanneer hulle wil kom nie; ook sou die ware Samuel nie so 'n krag in towerkunste erken het nie:
Ons het hier die konferensie tussen Saul en Satan. Saul het in vermomming gekom (1Sa 28:8), maar Satan het hom gou ontdek, 1Sa 28:12. Satan kom in vermomming, in die vermomming van Samuel se mantel. Sodanig is die nadeel waaronder ons arbei, in worsteling met die heersers van die duisternis van hierdie wêreld, dat hulle ons ken, terwyl ons onkundig is oor hul listige en planne.
Die Bybel moedig enigeen wat in die okkulte betrokke is aan om onmiddellik die Here se vergifnis en bevryding te soek.
Hoe kom ek uit hierdie mag van Satan?
1Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Die oomblik as jy by die bose magte betrokke raak, maak jy die deur van jou lewe vir hulle oop om is te kom, en gee hulle mag om jou te beheer soos dit hulle pas. Jy verloor jou heerskapy oor jouself en hulle neem beheer van jou lewe!
Maar die goeie nuus is dat Jesus klaar die bose oorwin het.
Heb 2:14-18 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Judas 4:7-10 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
Indien jy met enige van die Okkultiese magte eksperimeteer het of betrokke was soos glasie-glasie, towery, spiritisme, astrologie, meditasie, fortuinvertellery, psigiese kragte, astrale projeksie, selfgenesing, suggestopedie, buitesintuiglike, moet jy dit voor God bely en daarmee breek! Neem Jesus aan as jou Verlosser; pleit die bloed van Jesus oor jou en indien jy nie regkom. Gaan vra hulp by 'n geestelike persoon wat gevul is met die Heilige Gees om vir jou te bid en die bose uit jou te dryf.
Psa 109:17 Ja, hy het die vloek liefgehad en—dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en—dit het ver van hom af gebly.
Die aanbidding van Satan deur erg misleide mense neem in omvang toe. Dit het verwoestende gevolge op mense se lewens. Omdat ons leef in `n wêreld waar Satan aktief is aanvaar die mens eerder die bose magte as die krag van God!
Die koninkryk van die duisternis is ‘n werklikheid waarvan elke mens kennis moet neem. Satan en sy demone [die gevalle engele] wat weens hulle rebellie uit die hemel gewerp is, is in ‘n hewige stryd teen God en sy Koninkryk gewikkel. Hulle streef na mag en verering net soos die mens daarna streef; daarom kan die bose maklik die mens betrek omdat hulle na dieselfde dinge soek.
Die term Satan is van Hebreeuse oorsprong en beteken Teëstander – een wat jou aanval en aankla. Duiwel is van die Griekse woord diabolos afgelei. Dit beteken lasteraar en, by implikasie, die teëstander van God.
Wie is Satan?
Die Satan is deur God geskappe om te heers, maar het groot in homself geword en wou homself bo God stel.
Esg. 28:2-8 Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god; kyk, jy is wyser as Daniël, alles wat verborge is, is vir jou nie te duister nie! Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf; deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom; daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god, daarom, kyk, Ek bring vreemdes oor jou, die geweldigste nasies, en hulle sal hul swaarde trek teen die skoonheid wat jou wysheid verwerf het, en jou glans ontheilig. In die kuil sal hulle jou laat neerdaal, en jy sal in die hart van die seë die bittere dood sterwe van een wat verslaan is.
Hy het homself met God probeer gelykstel en sodoende teen sy gesag in opstand gekom. Hy en al die engele wat saam met hom gesondig het, is uit die hemel gegooi
Jes 14:9-17 Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan. Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking. Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil! Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
Jesus het vir Sy dissipels mag gegee om Satan te verslaan en gesien hoe Satan uit die helem gevan het.
Luk 10:16-20 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het. En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
Satan se ongeregtigheid het hom absoluut verwronge en haatlik gemaak. Hy is die vader van die leuens en ‘n mensemoordenaar van die begin af
Joh 8:41-44 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God. En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
Satan is die hoof van die koninkryk van die duisternis met baie bose geeste [duiwels] onder hom. Sedert die sondeval beheer en manipuleer hy ook die ongeredde mense wat geestelik in sy mag is. Wanneer jy Jesus aangeneem het sal Hy jou verlos van Satan se mag oor jou.
Ef. 2:11-13 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
Die duiwel probeer met alle mag om die beheer oor God se skepping oor te neem en dit te verwoes. Hy wil ook die beeld van God in mense vernietig deur hulle geestelik te verblind en van hulle slawe van die sonde te maak. Sy einddoel is om in die plek van God deur alle mense vereer, aanbid en gedien te word. Ook wil hy die Antichris in die plek van Christus in ‘n posisie van heerskappy op aarde plaas. In die plek van die Heilige Gees se werk probeer hy om mense deur verleidende geeste te mislei en te laat dwaal.
Is jy geestelik toegerus om hierdie stryd te kan stry? Die Bybel sê: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Kliek verdere Bybelstudie en gaan na Wapenrusting)
Die geestelike magsposisie wat Satan op aarde verkry het, is die gevolg van die sondeval. Alle mense word met ‘n sonde-geneigde natuur gebore en rebelleer saam met die duiwels teen God. Hulle is geestelik dood en moreel verdorwe
Rom 3:10-18 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.
Selfs ná die koms van Jesus Christus verkies die meeste van hulle die duisternis bó die lig omdat hulle werke boos is:
Joh 3:19-20 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Dit is die rede waarom die duiwel die owerste en ook die god van hierdie gevalle, bose wêreld genoem word
Joh 14:30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
2Kor 4:3-4 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Johannes sê dat die hele wêreld in die mag van die Bose lê
1Joh 5:18-19 Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie. Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.
Satan gebruik ‘n verskeidenheid metodes om die mensdom geestelik te mislei, waaronder die volgende:
Okkultisme ondersoek die verborge, geheimsinnige en bonatuurlike aspekte van die lewe. Okkultiste is oortuig daarvan dat 'n mens toegang het tot dieper kennis en insig as wat bereik kan word deur 'n gewone lewenservaring van die normale vyf sintuie. Okkultisme eksperimenteer met verskeie tegnieke om die bewussynsvlak van mense te verskuif sodat hierdie geheimsinnige aspekte as 'n realiteit ervaar kan word. Aanhangers beweer dat dit moontlik is om toegang te verkry tot magte wat nog nie deur die natuurwetenskappe verklaar is nie. Die drie primêre benaderings om tot geheime magte in die okkulte sfeer toegang te kry, is: waarsêery, towerkrag, en spiritisme.